17 mense beseer toe sirkustent aan die brand raak

Lees ook :

Sowat 17 mense beseer na sirkustent aan die brand raak fotokrediet: Canva

ALDENHOVEN, DUITSLAND. – 14 kinders en drie volwassenes is beseer na ’n vuurdanser ’n sirkustent in die Duren-distrik in Duitsland aan die brand laat raak het tydens ‘n oefening.

Lees ook: Nuwe pous verkies

Die vuurdanser was besig om te oefen vir die sirkus se vertonings die naweek terwyl meer as 100 kinders, ouers en onderwysers hom dopgehou het. Volgens plaaslike media het die man en twee kinders ’n toertjie uitgevoer toe die sirkustent aan die brand geraak het. Hy het erge brandwonde opgedoen en is saam met die ander beseerdes na ‘n hospitaal geneem.

Die brand kon geblus word voor nooddienste op die toneel aangekom het.

Bronne: The Independent, The Mirror, The Sun

Lees ook: Nuwe pous verkies

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief