17 vragmotors met vervalste permitte en lisensieskyfies geskut

Lees ook :

Foto: KZN Departement van Vervoer

KWAZULU-NATAL. – Die padverkeerinspektoraat (RTI) by die Midway-weegbrug langs die N3 het Woensdag op 17 vragmotors met vervalste lisensieskyfies en bedryfpermitte beslag gelê. Die beslagleggings is gemaak tydens die NenzaniLaEzweni-operasie van die departement van vervoer en menslike nedersettings, wat fokus op voertuie langs die N3, N2 en ander hoofroetes.

Volgens’n verklaring van Siboniso Duma, LUR vir dié departement, sal die ondersoek nie net die bestuurders nie, maar ook die eienaars van die betrokke vragmotors behels. “Om vervalste permitte en skyfies te gebruik, is nie net ’n witboordjiemisdaad nie, maar kan ook as ’n poging tot moord beskou word,” het hy gesê.

Duma sê die departement werk saam met die Truck Drivers Forum, Allied South Africa (ATDF-ASA) en ander rolspelers in die bedryf om ongewenste elemente in die logistieke sektor uit te roei.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief