18-jarige met AK47 vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

OOS-KAAP. – ‘n Jong man (18) is Donderdag met ‘n AK47-aanvalsgeweer en ammunisie in die Magutywa-woonbuurt, Tsolo A/A, deur die Joe Gqabi taktiese reaksie-eenheid vasgetrek.

Kapt. Welile Matyolo sê polisielede was met misdaadvoorkomingsdienste besig toe die jong man gearresteer is. Voorlopige ondersoek het bevestig die verdagte het vuurwapens in sy besit gehad nadat misdade gepleeg is.

Die man het Donderdag vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in die Tsolo-landdroshof verskyn. Die saak is vir borgaansoek tot Maandag uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief