LIMPOPO. – Omphile Sethole (2) is vermoedelik Saterdagoggend vroeg uit haar huis in Tinmyne ontvoer terwyl haar 52-jarige ouma geslaap het.
Volgens kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het die ouma omstreeks 02:00 wakker geword, na die badkamer gegaan en die kleuter saamgeneem voordat sy weer gaan slaap het. Toe sy omstreeks 06:00 weer wakker word, was Omphile weg en ‘n venster van die kamer was oop.
Familielede en bure het dadelik begin soek, maar kon die kind nie in die Ga-Mabuela-dorpie opspoor nie. Tinmyne-polisie het ‘n saak van huisbraak en ontvoering geopen en ‘n grootskaalse soekoperasie is geloods. Ten tyde van haar verdwyning het Omphile ‘n pienk trui en swart broek gedra.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om sers. Moshe Mashaba by 082 319 9448 te bel.





