2-jarige sterf toe bakkie rol

Lees ook :

Foto: Midlands EMS

KWAZULU-NATAL. – ‘n Tweejarige kind het Sondagmiddag gesterf nadat ‘n bakkie met nege passasiers net voor Mooirivier op die N3-Hoofweg gerol het.

Midlands EMS sê die diens is na die toneel ontbied en met aankoms is gevind verskeie persone is matig tot kritiek beseer. Een persoon is op die toneel aan ‘n handventilator gekoppel.

Die tweejarige kind is op die toneel dood verklaar.

Al die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na verskeie hospitale vervoer is.

Owerhede was teenwoordig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief