Brekende Nuus
Nuus

2 sterf in botsing tussen taxi en motor

Foto's: Midlands EMS

KWAZULU-NATAL. – Twee mense is dood en ’n derde persoon is kritiek beseer ná ’n trompop-botsing tussen ’n taxi en ’n motor op die R622 in die omgewing van Mooi River. Die ongeluk het Vrydag omstreeks 17:40 plaasgevind.

Paramedici van Midlands EMS Howick se reddingspan en ander Midlands EMS-spanne is na die toneel ontbied. Een insittende van die motor was ná die botsing met noodlottige beserings in die wrak vasgekeer. Die persoon is deur paramedici op die toneel dood verklaar. ’n Tweede persoon, wat tydens die botsing uit die taxi geslinger is, is ook op die toneel dood verklaar.

’n Derde persoon is in ’n kritieke toestand aangetref. Paramedici het noodbehandeling toegepas, die pasiënt gestabiliseer en na ’n nabygeleë hospitaal vervoer.

Owerhede was op die toneel en die omstandighede van die ongeluk word ondersoek.