MPUMALANGA. – Die nasionale raad van die dierebeskermingsvereniging (NDBV) het bevestig dat twee persone Woensdagoggend in Secunda op vermoede van betrokkenheid by bestialiteit in hegtenis geneem is.
NDBV-inspekteurs was op twee afsonderlike eiendomme wat aan die verdagtes gekoppel word, om die toneel te verseker en bewyse in te samel. Die aangeklaagdes sal na verwagting binne 48 uur in die Secunda-landdroshof voorkom.
Volgens die NDBV is die welsyn van enige diere wat gevind word, sowel as die integriteit van die bewyse, die hoogste prioriteit terwyl die kriminele ondersoek steeds aan die gang is. Verdere inligting sal bekend gemaak word soos wat die saak vorder.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.




