Lees ook: Katlego Bereng se familie gaan departemente dagvaar
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het gister die begroting vir 2024 uiteengesit.
Godongwana het biljoene opsygesit om skulddienskostes te verminder, sosiale toelaes te vermeerder en meer geld vir die verkiesing te gee. Politieke partye sal R200 m. kry om vir die verkiesing op 29 Mei voor te berei.
Die OVK het R2.3 miljard gekry. Vir die polisie en weermag is R350 miljoen gegee om die OVK tydens die verkiesing te ondersteun.
Godangwana het gesê die begrotingtekort het toegeneem en is nou 4.9% minder as verlede jaar se 4%. Hy het gesê dit sal na verwagting in die 2024/2025- finansiële jaar begin verbeter.
Voorts het Godongwana bekendgemaak die regering sal nog 10 000 polisiebeamptes vanjaar aanstel en R900 miljard in infrastruktuurprogramme belê.
Hy het ook gesê die treinnetwerk en hawens word reggeruk terwyl hernubare energieprojekte ondersteun word.
Godongwana het bevestsig die NGV-wet gaan ingestel word. Die prys van sigarette en alkohol gaan skerp styg. Die prys van alkohol sal met tussen 6.7% en 7.2% styg en sigarette en tabak met tussen 4.7% en 8.2%.
Bronne: IOL, Moneyweb, BusinessTech
Lees ook: Katlego Bereng se familie gaan departemente dagvaar





