Brekende Nuus
Afrikaans

21 dood in N1-ongeluk in Wes-Kaap

Foto: WC Live Traffic & Safety Reports

WES-KAAP. – 21 mense is dood ná ’n ongeluk waarby drie voertuie vroeg Maandagoggend op die N1 tussen Leeu-Gamka en Prins Albert betrokke was.

Volgens die Padverkeersberstuurskorporasie (RTMC) het die ongeluk omstreeks 00:30 tussen twee Toyota Quantum-taxi’s en ’n Suzuki Brezza-SUV plaasgevind. Voorlopige inligting dui daarop dat 21 mense noodlottige beserings opgedoen het. Die dodetal moet egter nog bevestig word en kan verander namate nooddienste en owerhede die toneel verder ondersoek. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie vasgestel nie. RTMC-ondersoekers is onderweg na die toneel om meer inligting oor die omstandighede van die botsing te bepaal.

Die RTMC het die ongeluk as ’n ontwikkelende voorval beskryf en verdere inligting sal bekend gemaak word soos dit geverifieer word.