21 leerders dood in brand by Keniaanse skool

Lees ook :

21 leerders dood in brand by Keniaanse skool
21 leerders dood in brand by Keniaanse skool fotokrediet: Canva

Lees ook: Olimpiese atleet dood na voormalige kêrel haar aan die brand steek

KENIA. – 21 leerders is oorlede na ’n brand by ’n skoolkoshuis uitgebreek het.

Altesaam 19 seuns, met gemiddelde ouderdom nege, is dood na ’n brand Donderdagaand by ’n skoolkoshuis by die Hillside Endarasha Academy begin het. Nog twee leerders is later in die hospitaal oorlede.

Nog 17 leerders word vermis. Hulle ouers en families kamp buite die skool om antwoorde te probeer kry. DNS-toetse sal uitgevoer word om die liggame uit te ken.

Nog ’n brand het Saterdag by ‘n meisieskoshuis in Kenia uitgebreek. Drie leerlinge is beseer en eiendom is beskadig.

Die oorsaak van die twee brande is in dié stadium nog onbekend.

Bronne: New Zimbabwe, BBC, Reuters

Lees ook: Olimpiese atleet dood na voormalige kêrel haar aan die brand steek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief