24 skape na skietery in minibustaxi gekry

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – 24 skape is Woensdagoggend na ‘n skietery tussen polisie en verdagtes naby Villiers in ‘n minibustaxi wat vir die polisie weggejaag het, gekry.

Kapt. Loraine Earle sê inligting is omstreeks 05:30 van ‘n verdagte minibustaxi wat moontlik by veediefstal in die omgewing betrokke is, ontvang. Lede het dadelik op die inligting reageer en die voertuig waarvan die beskrywing ooreenstem met die inligting op die N3-hoofweg opgemerk.

‘n Jaagtog het begin waartydens die verdagtes op die R716 tussen Villiers en Oranjeville die minibus se skuifdeur oopgemaak en op die polisie geskiet het. Die polisie het teruggeskiet en die verdagtes het op die vlug geslaan. Dit is hierna dat die 24 skape met ‘n geskatte waarde van R66 000 in die taxi gekry is.

Die drie verdagtes, 24, 25 en 36 jaar oud, is in samewerking met boere en privaat sekuriteit op verskillende paaie, kilometers van die toneel, vasgetrek.

Die verdagtes verskyn vandag op aanklagte van poging tot moord en die besit van gesteelde eiendom in dieVilliers-landdroshof.

Niemand is tydens die skietery beseer nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief