Brekende Nuus
Afrikaans

25 buitelanders gekeer wat SA onwettig probeer inkom

25 buitelanders gekeer wat onwettig in SA probeer inkom het

fotokrediet: Canva
25 buitelanders gekeer wat onwettig in SA probeer inkom het fotokrediet: Canva

Lees ook: Thabo Bester beweer ‘politieke magte’ was betrokke by sy ontsnapping

GAUTENG. – Altesaam 25 buitelanders is voorgekeer en gedeporteer na hulle probeer het om die land onwettig deur die OR Tambo-lughawe in te kom.

Drie Pakistani’s en 13 Bangladesji’s het vals visas gehad. Een Bangladesji, ‘n Nigeriër, drie Pakistani’s en vier Ghanese het nie aan die vereistes voldoen om die land binne te kom nie.

Die buitelanders is onderskep van vlugte uit Bangladesj, Pakistan, Ghana en Nigerië.

Hulle is weer na hulle lande van herkoms gedeporteer. Sondag is vyf Bangladesji’s en vyf Ethiopiërs onderskep wat ook die land onwettig probeer binnekom het.

Bronne: IOL, SABC News, TimesLIVE

Lees ook: Thabo Bester beweer ‘politieke magte’ was betrokke by sy ontsnapping