AMAOTI, KZN. – 25 gebruikte patrone is gevind na ’n sakeman Woensdagaand in Amaoti doodgeskiet is.
Lees ook: Gene Hackman en vrou se dood word ondersoek
’n Vrou het die Reaksie-eenheid SA (Rusa) gebel na sy skote gehoor het. Lede van die reaksie-eenheid en die polisie was saam op die toneel en het die liggaam van ’n man in ’n snoepwinkel gekry.
Die oorledene was die eienaar van die besigheid. Getuies het gesê hy was besig om toe te sluit toe vier mans op hom begin skiet het.
Die verdagtes het daarna in ’n wit Toyota Etios gevlug.
Die motief vir die moord is onbekend.
Bronne: Facebook





