26 Junie is Internasionale bewusmakingsdag teen dwelms

Lees ook :

Hy wou dit op ’n spesiale manier vier dat hy vyf jaar skoon is van dwelms. Toe besluit Denver van der Bergh om vanaf Rondebosch in die Kaap tot in Pietermaritzburg te hardloop – 1 603km ver – om drie dae later die Comrades-maraton ook te doen.

“Enigiets is moontlik as jy glo,” vertel die 48-jarige atleet vir Conette le Roux van LiG. Hy het met hierdie ‘ultra-maraton’ van hom fondse ingesamel vir Ramot-rehabilitasiekliniek in Parow – die plek wat sy lewe verander het na hy 25 jaar ’n verslaafde was.

Lees sy inspirerende storie: Gerehabiliteerde verslaafde hardloop 1 603 km na Pietermaritzburg én toe Comrades: ‘Enigiets is moontlik as jy glo’

Donderdag 26 Junie is Internasionale bewusmakingsdag teen dwelms. Die Suid-Afrikaanse Groep vir Depressie en Angstigheid (Sadag) se navorsing wys dat 12 die gemiddelde ouderdom is van jongmense met middelafhanklikheid in Suid-Afrika. Die helfde van Suid-Afrikaanse tieners drink ook reeds alkohol. 

Hierdie ontstellende statistieke beklemtoon die dringendheid om jongmense betyds te ondersteun voordat verslawing posvat. Ongelukkig keer stigma dikwels dat mense hulp soek, wat veroorsaak dat baie jongmense alleen en vasgevang voel in hul stryd. 

Wenke hoe om iemand met verslawing te help

Die Wes-Kaapse hulporganisasie Badisa doen uitgebreide ondersteuning aan mense wat met verslawing worstel asook aan hulle gesinne. Hulle deel die volgende wenke hoe om iemand met verslawing te help:

  1. Luister sonder oordeel

Wees werklik teenwoordig wanneer jy met jou geliefde gesels. Vra hoe dit régtig gaan. Om te weet iemand gee om, kan dalk net genoeg wees om ’n helende gesprek te begin.

  1. Let op gedragsveranderinge

Hou fyn dop vir vroeë tekens soos verandering in gemoed, vreemde (nuwe) gewoontes of wissling in energievlakke. As jy iets oplet, gesels met hulle daaroor op ’n liefdevolle en sorgsame manier.

  1. Moedig professionele hulp aan

Die pad na herstel is ’n lang en ingewikkelde proses. Moedig jou geliefde aan om professionele hulp te kry, soos terapie of om by ‘n ondersteuningsgroep aan te sluit, waar hulle leiding en praktiese hulpmiddels kan ontvang.

  1. Breek die stigma rondom verslawing

Stigma laat mense dikwels voel of hulle nie hulp verdien nie. Dis belangrik om hierdie persepsie te verander deur gesprekke te hê rondom:

  • Die vermyding van skadelike etikette
  • Stories van hoop en herstel
  • Die mens agter die probleem


Vrywaring: Nuusflits publiseer advertensies en geborgde inhoud vir bemarkingsdoeleindes. Die sienings en aansprake wat in advertensies geuiter word, weerspieël nie die standpunte van Nuusflits, sy redaksie, of enige van sy affiliasies nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief