GAUTENG. – Stellio Gilles Robert Capo Chichi (45) oftewel Kémi Séba – ‘n beweerde internasionale voortvlugtige, sy seun Khonsou Seba Capo Chichi (18), en Francois van der Merwe, ’n beweerde fasiliteerder, het vanoggend (Maandag) in die Pretoria-streekhof voorgekom. Hulle het glo saamgesweer om ‘n misdaad te pleeg en om die immigrasiewet te oortree en was glo betrokke by die fasilitering van onwettige beweging van mense na Zimbabwe oor die Limpoporivier.
Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê die drie is op 13 April tydens ‘n intelligensiegedrewe operasie in Brooklyn, Pretoria in hegtenis geneem. Inligting is ontvang dat die voortvlugtige glo van plan was om onwettig oor die Limpoporivier na Zimbabwe te vlug.
Die saak is vir ‘n formele borgaansoek tot 29 April uitgestel. Die drie bly intussen in aanhouding terwyl ondersoekers hul Benin-immigrasiestatus en adresbesonderhede in Suid-Afrika verifieer.
Lees meer hier onder:





