3 boere lewenslank tronk toe vir moord

Lees ook :

Foto's: NVG

GAUTENG. – Jaco Wessels Kemp (36), Louis Coetzee (29), en Gert Frederik van der Westhuizen (38), drie boere, is Vrydag deur die Pretoria-hooggeregshof elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Dumisani Phakathi op ‘n aand wat hy by ‘n plaashek opgemerk was en wou gaan water haal.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê die drie beskuldigdes het op 17 September 2023 op ‘n hoenderplaas in Mamogalieskraal, naby Brits in Noordwes, gebraai toe hulle die slagoffer naby die plaashek sien verbyloop het. Hy was onderweg om te gaan water haal toe hulle hom genader en begin aanrand het. Phakathi is na ‘n stoor gesleep waar die aanranding voortgeduur het totdat hy aan sy beserings beswyk het.

Die hof het gehoor dat Kemp en Coetzee omstreeks 02:00 dieselfde nag met ‘n bakkie op die R511 naby Brits voorgekeer is. Die slagoffer se bebloede liggaam is in vullissakke agter op die bakkie gevind toe die polisie bene opgemerk het wat uitsteek. Sy kop was met plastiek bedek. Kemp en Coetzee is dadelik in hegtenis geneem. Die derde beskuldigde het homself op 19 September aan die polisie oorgegee nadat ondersoekbeamptes hom met die misdaad verbind het.

Die beskuldigdes het onskuldig gepleit en mekaar probeer blameer, maar die staat het genoegsame getuienis gelewer om hulle skuld te bewys. Hulle het die hof gevra vir ’n ligter vonnis, onder meer weens gesinsverantwoordelikhede en tyd in aanhouding, maar die hof het dit verwerp. Die regter het bevind dat die beskuldigdes geen berou getoon het nie en dat die moord wreed en sonder enige rede gepleeg is. Die hof het ook aangedui dat die omstandighede van die saak daarop dui dat die aanval moontlik deur rassespanning beïnvloed is. Verder is beslis dat hulle nie meer vuurwapens mag besit nie en dat alle wapens en permitte ingehandig moet word. Die NVG het die vonnis verwelkom en gesê dit stuur ’n duidelike boodskap dat ernstige geweldsmisdade nie geduld sal word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief