GAUTENG. – Die SAPD het Vrydag drie jong vroue, almal Botswana-burgers, by die OR Tambo- internasionale lughawe van ‘n mensehandelsindikaat gered.
Lees ook: SA’ners in Donbas Oekraïne vasgekeer ná hulle as huursoldate aansluit
Die vroue, tussen 20 en 23 jaar oud, is glo deur sosiale media deur ‘n sindikaat met vals werksgeleenthede in Sierra Leone gelok.
Hulle was van Botswana op pad na Sierra Leone deur Suid-Afrika en Nairobi toe hulle deur lede van Interpol NCB Pretoria en die Germiston-taakspan vir ernstige misdrywe onderskep is toe hulle by OR Tambo land.
Die kantoor van Botswana se hoër komissaris in Pretoria het Interpol gekontak om die vrouens te help.
Bronne: SAPD
Lees ook: SA’ners in Donbas Oekraïne vasgekeer ná hulle as huursoldate aansluit





