3-jarige kleuter ‘vermoor en in emmer versteek’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – ‘n Kleuterseun (3) is na bewering op 1 September 2024 in die Gqwesa-gebied naby Sulenkama vermoor. Die plaaslike polisie het Woensdag ‘n paartjie van 32 en 23 jaar oud op die aanklag van moord in hegtenis geneem.

Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Welile Matyolo, het die vrou die kind gedurende 2024 as vermis by Mbizana-polisiekantoor aangemeld en beweer hy het by ‘n vulstasie verdwyn. Ondersoeke, insluitend die ontleding van kringtelevisiebeeldmateriaal, het egter ’n ander weergawe bevestig. ‘n Ondersoek het bevind dat die kind na bewering met ‘n stok deur sy ma se lewensmaat – nie die kleuter se pa nie – aangerand is terwyl hulle in Sulenkama was.

Die polisie sê die verdagtes het ná die kind se dood sy liggaam in ’n 20-liter-emmer geplaas, dit verseël en begrawe. Die ma het daarna die vermistepersoonsaak oopgemaak. Ondersoekbeamptes is deur die paar na die graf gelei waar die kind se ontbinde liggaam steeds in die emmer gevind is.

Albei verdagtes word deur ‘n moordklagte in die gesig gestaar, met ’n bykomende aanklag van regsverydeling teen die vrou. Hulle verskyn vandag (Vrydag) in die Qumbu-landdroshof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief