GAUTENG. – Die polisie het Saterdagaand 35 verdagtes vir beweerde dronkbestuur tydens Operasie Shanela in Carletonville in hegtenis geneem.
‘n Taxibestuurder, wat 14 passasiers gehad het, is onder diegene wat vir beweerde dronkbestuur gearresteer is.
Meer as 30 ander verdagtes is in hegtenis geneem vir onder andere dwelmverwante misdrywe, onwettige mynery en verbode immigrasie.
Die multidissiplinêre operasie is deur lt.genl. Tommy Mthombeni, die provinsiale kommissaris van die provinsie, en maj.genl. Fred Kekana, die adjunk- provinsiale kommissaris, gelei.







