3I/Atlas-komeet het sterrekundiges opgewonde

Lees ook :

Foto: NASA

Die interstellêre komeet, 3I/Atlas, op 1 Junie vanjaar ontdek, trek wêreldwyd aandag, onder andere omdat sommige navorsers voorgestel het dat dit moontlik ’n buiteruimtelike (alien) vaartuig kan wees.

Volgens Nasa is 3I/Atlas van buite ons sonnestelsel afkomstig en wentel tans teen ‘n geweldige spoed – 58 km per sekonde – in ’n oop baan wat nie om die son wentel nie. Waarnemings toon dat dit ’n stert of wolk van miljoene kilometers lank vorm soos dit nader aan die son se hitte beweeg, omdat dit uit ‘n baie koue omgewing kom.

Wetenskap-professor Avi Loeb van Harvard, en sy kollegas het aangevoer dat 3I/Atlas dalk tegnologies van oorsprong kan wees. Loeb het gesê: “If 3I/Atlas is not an asteroid … nor a comet … then what is it?”

Nasa en die meerderheid wetenskaplikes is egter van mening dat 3I/Atlas waarskynlik ’n natuurlike komeet is. “Waarnemings bevestig dat 3I/Atlas interstellêr van aard is en daar is geen aanduiding van enige bedreiging vir die Aarde nie,” het ’n Nasa-woordvoerder gesê.

Die voorwerp bly onder waarneming deur internasionale sterrewagte.

Bronne: NASA Science, Live Science, Explorersweb

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief