4 verdagtes dood wat glo op polisie skiet

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL – Vier verdagtes wat glo gesoek is vir ernstige misdade, waaronder moord, poging tot moord en gewapende roof, is Dinsdagaand tydens ’n skietgeveg met die polisie in die Amatikwe-gebied 2 in Inanda, noord van Durban, dood.

Polisiewoordvoerder, kol. Robert Netshiunda, sê die polisie het betroubare inligtiging ondersoek nadat die verdagtes by hulle vermoedelike wegkruipplek, ‘n tweekamer-plakkerhut, opgemerk is. Met die aankoms van beamptes het ’n skietgeveg uitgebreek waartydens die vier verdagtes noodlottig gewond is. Volgens die polisie is vier pistole en verskeie rondtes ammunisie op die toneel gevind en in beslag geneem. Geen polisielid is in die voorval beseer nie.

Die omstandighede van die voorval sal volgens prosedure verder ondersoek word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief