41 onwettig gekoppelde Eskom-transformators gekonfiskeer

Lees ook :

Foto's: SAPD

Foto’s in berig.

GAUTENG. – Met verskeie operasies, waarvan die fokus op onwettige elektriese verbindings is, is 41 Eskom-transformators, ter waarde van miljoene rande verlede week in verskeie gebiede gekonfiskeer.

Volgens lt.kol. Amanda van Wyk is ‘n verdagte (37) Vrydag by ‘n perseel in Winterveld, noord van Pretoria, vir die beweerde besit van ‘n Eskom-transformator en ander elektriese toerusting gearresteer. Tydens verdere ondersoek is nog 27 onwettig gekoppelde Eskom-transformators, ter waarde van R1.7 m. in die gebied aangetref. Die verdagte sal na verwagting in die komende week op aanklagte van diefstal en peuter met noodsaaklike infrastruktuur in die Rietgat-landdroshof voorkom. Die transformators wat onwettig gekoppel is, het tot ‘n verlies van R90 m. vir Eskom gelei.

In ‘n afsonderlike operasie wat Woensdag in Diepsloot en Erasmia geloods is, is nog 13 onwettig gekoppelde transformators gekonfiskeer. Hierdie transformators het volgens Van Wyk tot ‘n winsverlies van R19 m. vir Eskom gelei.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief