5 onderskeidings vir Rikus, vermis in Mosambiek

Lees ook :

Foto: Hoërskool Noordheuwel

GAUTENG. – Rikus Kylander (18) het vyf onderskeidings in sy matriekeindeksamen behaal. Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp het die prestasie bekend gemaak. Kylander het op 18 Desember 2025 in Ponta do Ouro, Mosambiek, vermis geraak.

’n Soekoperasie is van stapel gestuur, maar is op 9 Januarie opgeskort.

“Ons liewe Rikus het 5 onderskeidings behaal. Wat ‘n pragtige prestasie. Ons dra sy ouers en sussie op in gebed in hierdie moeilike tyd. Ons harte is saam met julle seer. Ons woorde is min.”

Daar is ook aangekondig dat Nories beplan om Rikus se lewe te vier. Reëlings hieroor sal binnekort bekend gemaak word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

2 Responses

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief