59 steeds vermis dae nadat skool in Indonesië ineenstort

Lees ook :

59 steeds vermis dae nadat skool in Indonesië ineenstort fotokrediet: X

INDONESIЁ. – 59 mense is steeds vermis met “geen tekens van lewe nie” dae nadat ‘n skool in Indonesië ineengestort het.

Lees ook: Waarskuwing vir gevaarlike wind vir KZN vir vandag uitgereik

Vyf leerlinge is oorlede en meer as 100 is beseer nadat ‘n skool Maandag in Sidpoarjo ineengestort het. Altesaam 13 mense is uit die rommel gered, maar twee is later in die hospitaal aan hulle beserings oorlede.

Reddingswerk is bemoeilik weens die onstabiele struktuur van die gebou. Gereedskap sal nou gebruik word om die rommel te lig om die vermistes se liggame te soek.

Die skoolgebou was onder konstruksie, met twee ekstra verdiepings wat bygevoeg sou word, toe dit ineengestort het.

Owerhede het gesê die gebou se fondasie kon nie die gewig ondersteun nie. Volgens owerhede het die skoolbestuur nie ‘n permit vir die konstruksie gehad nie.

Bronne: BBC, CNN, RNZ

Lees ook: Waarskuwing vir gevaarlike wind vir KZN vir vandag uitgereik

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief