6-jarige en ander sterf toe bakkie op treinspoor stol

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – ‘n Bakkie is Sondagmiddag omstreeks 15:00 naby Groenwater deur ‘n trein op ‘n spooroorgang getref. ‘n Sesjarige seun, twee vroue en ‘n man het gesterf.

Kol. Cherelle Ehlers sê die bakkie met 12 insittendes het op die treinspoor gestol toe hulle dit wou kruis en is deur ‘n aankomende trein getref.

Na bewering het die bakkie gestol en van die volwassenes het afgespring om die bakkie oor die treinspoor te probeer stoot. Vier persone is op die toneel dood verklaar. Die manlike oorledene was die bestuurder van die bakkie.

Ehlers sê nog drie persone is beseer en word in ‘n hospitaal behandel.

Volgens Kalahari Memorandum Digital is dit verbode gedeelte van die treinspoor waar die bakkie gestol het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief