6-jarige sterf na eet van ‘koekies’, inwoners steek winkels aan die brand

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n 6-jarige seun het in die Delmas-omgewing gesterf nadat hy glo koekies van ‘n plaaslike spazawinkel geëet het. Twee spazawinkels van buitelanders is deur die gemeenskap, wat reg in eie hande geneem het, aan die brand gesteek.

Die polisie moes hulle sigbaarheid verskerp weens openbare geweld wat Donderdag uitgebreek het. Kapt. Magonseni Nkosi sê meer polisiebeamptes is ontplooi.

Volgens inligting het die seun met maagpyn en skuim om sy mond by die huis aangekom. Hy het glo van die koekies vertel wat hy geëet het. Hy is na ‘n hospitaal gehaas, maar het gesterf.

Intussen is twee verdagtes vir openbare geweld in hegtenis geneem en sal Maandag in die Delmas-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief