6 verdagtes in hof ná aanval op Warden-plaas

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – Ses mans wat ná ’n gewapende huisroof, diefstal van ’n voertuig en ’n poging tot moord by ’n plaas naby Warden in hegtenis geneem is, het in die Warden-landdroshof verskyn. Die saak teen hulle is vir formele borgtogaansoek tot 18 Desember uitgestel. ‘n Boer (74) en sy vrou (76) was die slagoffers van booswigte.

Volgens sers. Mahlomola Kareli sê die ses verdagtes – Mthokozisi Mawethu Mdlalose (28), Dalokwakhe Cebekhulu (42), Thulani Sithebe (29), Siyabonga Molakone (28), Mthokozisi Khumalo (36) en Phumlani Zwane (34) – sal weer op aanklagte van huisroof, poging tot moord en diefstal van ’n motorvoertuig in die hof voorkom.

Die boer is omstreeks 08:30 genader terwyl hy op ’n grondpad op sy plaas gery het nadat hy opgemerk het dat sy wit Toyota Hilux uit die omgewing van die opstal wegjaag. Vyf mans het hom genader, sy gelisensieerde vuurwapen met geweld afgeneem en hom met die agterkant van ’n vuurwapen oor die kop geslaan voordat hulle in sy bakkie gevlug het. By die opstal het die boer sy vrou ongedeerd in die kombuis aangetref. Sy het aan die polisie gesê dat vyf mans die huis binnegekom het en haar met ’n vuurwapen gedwing het om hulle na die kluis te neem. Drie gelisensieerde vuurwapens en ammunisie is gesteel.

Met samewerking tussen die polisie, plaaslike boere en privaat veiligheidsdienste is die gesteelde Hilux op die N3 opgespoor en gestop. Die verdagtes is in hegtenis geneem en die gesteelde vuurwapens is teruggevind. ’n Suzuki-voertuig wat glo deur die verdagtes gebruik is, is ook gekonfiskeer.

Die boer het ’n besering aan sy linkeroog opgedoen en is vir behandeling na Harrismith geneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief