Brekende Nuus
Afrikaans

7 persone doodgeskiet, verdagtes vlug glo met kringtelevisie

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Sewe persone is vanoggend vroeg in ‘n kroeg naby Orkney, buite Klerksdorp, doodgeskiet. Die verdagtes het glo met die kringtelevisiesisteem van die toneel gevlug.

Brig. Sabata Mokgwabone sê volgens rapportering het die verdagtes na bewering by die kroeg opgedaag en na “Basotho” gesoek. Skote is lukraak geskiet en ses mans en ‘n vrou is op slag doodgeskiet.

“Die verdagtes het toe die CCTV-stelsel, kontant van die kasregister en die snoekertafel geneem.”

Kliënte van die kroeg is glo van hulle selfone ook beroof, waarna die verdagtes van die toneel gevlug het.

Mokgwabone sê die polisie is steeds op die misdaadtoneel teenwoordig. Die motief is onbekend.