Lees ook: IT-probleme nie veroorsaak deur kuberkrakers, sê Crowdstrike
Microsoft het gesê sowat 8.5 miljoen Windows-toestelle regoor die wêreld is deur die CrowdStrike IT-onderbreking geraak.
Die onderbreking het Vrydag die wêreld getref na CrowdStrike ’n foutiewe sagteware-opdatering vrygestel het.
Lughawens, banke, mediamaatskappye, finansiële instansies, telekommunikasiemaatskappye en selfs supermarkte is negatief deur die onderbreking geraak. Verskeie maatskappye het gesê hulle is steeds besig om te herstel na die onderbreking.
Volgens CrowdStrike kan dit tyd neem om hulle sisteme te herstel.
Bronne: BBC, Reuters, The Verge
Lees ook: IT-probleme nie veroorsaak deur kuberkrakers, sê Crowdstrike