Brekende Nuus
Misdaad

8-jarige sterf nadat sy deur trein getref is

Foto: Laerskool Vlottenburg

WES-KAAP. – Ruché Basson (8), ‘n gr. 2-leerling van Laerskool Vlottenburg, is dood nadat sy Dinsdag by Lynedoch-stasie in Stellenbosch deur ’n trein getref is.

Thembakazi Mpendukana, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits ’n saak van strafbare manslag is by Stellenbosch-polisie geopen. Ruché is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Laerskool Vlottenburg het Woensdag op sosiale media sy medelye met Ruché se familie, geliefdes, klasmaats en die breër Vlottenburg- en Lynedoch-gemeenskap betuig. “Met groot hartseer neem ons afskeid van een van ons geliefde leerders, Ruche Basson Graad 2 van Vlottenburg Primêr, wat gister oorlede is,” het die skool in ’n huldeblyk geskryf. Die skool het gesê sy gemeenskap se harte is stukkend en dat hul gedagtes en gebede by Ruché se familie en geliefdes is. “Mag die mooi herinneringe aan haar altyd in ons harte voortleef,” het die skool gesê.