Waarskuwing! Taalgebruik in video-opname bevat kru taal.
WES-KAAP. – Agt verdagtes, tussen 17 en 18 jaar oud, verskyn vandag in die Kaapstad-landdroshof op aanklagte van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig. Die hofverskynings spruit uit ‘n voorval by HoĆ«rskool Milnerton waar ‘n seun (16) onder boeliegedrag deurgeloop en ‘n video-opname daarvan op sosiale media versprei is.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sĆŖ aan Nuusflits die openare orde polisiĆ«ring (OOP/POPS) het Woensdagmiddag ‘n skokgrantaat gebruik om ‘n skare van sowat 150 persone wat buite die hoĆ«rskool geprotesteer het uitmekaar te jaag. Geen beserings is aangemeld nie.
Die polisie het bevestig dat beamptes in die gebied sal bly totdat kalmte ten volle herstel is en het alle deelnemers aangemoedig om enige toekomstige protesaktiwiteite binne die wet te hou.
HoĆ«rskool Milnerton het Woensdag bevestig agt leelinge is as voorsorgmaatreĆ«l geskors. Die Wes-Kaap-onderwysdepartement het in ‘n verklaring gesĆŖ die skool het dadelik stappe vir ‘n ondersoek begin. Stappe word geneem sodat alle leerlinge wel hulle matriekeksamen kan skryf.
Intussen is ‘n video-opname van nog ‘n voorval gedeel.








