80 leerlinge in ongeluk betrokke

Lees ook :

Foto: MamMthombeni Facebook

NOORDWES. – Altesaam 80 leerlinge van Hoërskool RA Kobue op Mooifontein, buite Mahikeng, was Donderdagogend in ‘n ongeluk betrokke. 30 leerlinge is met geringe beserings na die Gelukspan-hospitaal en een na die Bophelong- provinsiale hospitaal vervoer.

Volgens ‘n verklaring op Facebook van Noordwes se departement van gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur op Facebook, het ‘n taxi wat privaat gehuur is onderwysers en leerlinge na die skool vervoer. Na bewering het die taxi die bus verbygesteek en skielik tot stilstand gekom om nog ‘n onderwyser op te laai, waarop die bus die taxi van agter getref het. Die bus, deel van ‘n leerlingvervoerprogram wat deur die departement betaal word, het 65 leelinge van Goedgevonden vervoer. Die gehuurde taxi met 15 insittendes, het van Mareetsane af gekom.

Alternatiewe vervoer is gereël om te verseker dat die skooldag nie nadelig beïnvloed word nie. Die departement het ook vervoer vir die beseerde leerlinge na en van die hospitaal gereël.

Wessels Morweng, die LUR vir die departement, het die beseerde leerlinge spoedige herstel toegewens.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief