9-jarige verpas skoolbus, ry sommer self met bakkie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VSA. – ‘n Seun (9) in Kansas het Woensdag geen probleem gehad toe hy sy skoolbus verpas het nie; hy het doodeenvoudig in sy ouers se bakkie geklim en skool toe gery.

Braden Blackburn, ‘n sersant van Maize-polisiestasie in ‘n voorstad van Wichita, sê die jong seun het boonop beter as die meeste volwassenes parkeer. Die polisie het ‘n oproep van ‘n bekommerde persoon gekry oor die bestuurder van ‘n bakkie wat te jonk lyk om al te kan bestuur. Daar is gesê die bestuurder lyk ongeveer 10 of 11 jaar oud en hy ry ‘n wit Chevy-bakkie. Polisiebeamptes kon aanvanklik nie die bakkie met sy bestuurder kry nie, maar het dit uiteindelik op die skool se parkeerterrein opgespoor.

Die jong seun het ongeveer drie myl met die bakkie van sy ouerhuis tot by die skool in Maize gery en het boonop geen ongeluk of verkeersprobleme veroorsaak nie.

En wat was sy verduideliking? Hy het sy bus verpas, sy pa was reeds by die werk en sy ma was dorp uit en om seker te maak hy mis nie skool nie, het hy die bakkie gevat en self skool toe gery. Nee, die seun is nie deur die polisie gestraf nie – hulle glo hy is tans in genoeg moeilikheid by sy ouers.

Blackburn het aan Fox News verduidelik hierdie tipe klagte kom soms oor hoërskoolleerlinge wat pas hulle bestuurderslisensies gekry het, maar hierdie insident is ‘n eerste vir die polisiedepartement.

Bronne: Fox News, KAKE News, KSN.com en AOL.com

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief