9 wetstoepassers in hof op aanklag van korrupsie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Nege wetstoepassers het vandag (Vrydag) op aanklagte van korrupsie, afpersing en betreding ná hul inhegtenisneming in Gauteng in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê die groep wetstoepassers bestaan uit ses Johannesburgse metropolisiebeamptes (JMPD), twee polisiebeamptes van Brixton en ’n Gautengse verkeersbeampte. LF Tsweleng (JMPD TRU-beampte), A Shiburi (JMPD), M Muvhalisa (JMPD), S Khumalo (JMPD), LB Kubayi (JMPD TRU-beampte), A Mathebula (JMPD), sers. N Maphophe (SAPD Brixton), konst. K Radzilane (SAPD Brixton) en PP Madlala (Gauteng-verkeersbeampte, Brixton) se saak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 28 April uitgestel.

Volgens Mogale hou die aanklagte verband met ’n voorval by ’n pakhuis in Crown Mines waar die beamptes glo ’n soektog uitgevoer en ’n boks haarkleursel gevind het wat na bewering verval het. Hulle het die klaer glo met inhegtenisneming gedreig en geld geëis. Die klaer het die Valke gekontak, waarna al nege verdagtes in hegtenis geneem is. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat sommige beamptes buite hul jurisdiksie opgetree het en dat sekere van hulle nie aan diens was tydens die voorval nie.

Die ondersoek duur voort en verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief