MPUMALANGA. – ‘n 90-jarige vrou is Sondagoggend omstreeks 02:00, terwyl sy geslaap het, in haar huis in Morgenzon oorval en verkrag.
Kol. Donald Mdhluli sê volgens verslae is die verdagte (20) aan die slagoffer se familie bekend en is hy kort na die insident opgespoor en gearresteer.
Die verdagte sal Maandag op ‘n aanklag van verkragting in die Standerton-landdroshof voorkom.





