Polisie gryp nie in by Nkandla oor hulle ‘skietery wil vermy’

Lees ook :

Polisie gryp nie in by Nkandla oor hulle 'skietery wil vermy' (Foto: Maroela Media)
Polisie gryp nie in by Nkandla oor hulle 'skietery wil vermy' (Foto: Maroela Media)

Bheki Cele, minister van polisie, het Maandag op vrae van die media gesê die polisie het nié oor die naweek by die samedromming by Nkandla ingegryp nie, om ‘n skietery en bloedvergieting te voorkom.

Honderde ondersteuners het sedert Woensdag by Nkandla begin saamdrom na die konstitusionele hof oudpresident Jacob Zuma ‘n vonnis van 15 maande vir minagting van die hof opgelê het.

Zuma het Sondagaand sy ondersteuners en joernaliste toegespreek.

Volgens Cele het die polisie inligting ontvang dat minstens 100 van die ondersteuners vuurwapens by hulle gehad het en wou hulle ‘n situasie waar “vrouens en kinders geskiet word” vermy.

Ongeveer 200 polisielede was die naweek op Nkandla teenwoordig.

Lees ook: Jacob Zuma spreek media Sondag toe

Lees ook: Vierjarige meisie gevind

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief