Brekende Nuus
Afrikaans

Man gesoek na ma dood met ses steekwonde gevind word

Na ‘n ondersoek is gevind haar seun is na bewering laaste by haar woning gesien.

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, Shalendra Samdath (38), word gesoek nadat sy ma, Ormilla Samdath (62), met steekwonde en beserings aan haar kop en gesig op die vloer van haar kombuis gevind is.

Reaction Unit South Africa (RUSA) is die middag van 1 Julie deur ‘n man gekontak omdat hy nie sy suster in die hande kon kry nie. RUSA is na die plek waar die vrou bly. Na ‘n ondersoek is gevind haar seun is na bewering laaste by haar woning gesien.

Man gesoek na woordewisseling

Daar word beweer die man en sy ma het glo ‘n woordewisseling gehad voordat hy in haar voertuig weggejaag het. Lede van RUSA het deur die venster van die woning gekyk en glo bloed op die vloer van die kombuis gesien.

Nadat hulle toegang tot die huis gekry het, is Ormilla se liggaam op die kombuisvloer gevind. Sy het verskeie steekwonde en beserings aan haar kop en gesig gehad.

Shalendra het glo ‘n geskiedenis van dwelmmisbruik.

LEES OOK: Swanger vrouens en dié wat borsvoed mag ingeënt word

LEES OOK: Shane Jordaan se liggaam vandag gevind, soektog afgelas

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.

Nuusflits het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.