Ek het my hart op ‘tandarts-wees’ verloor

Lees ook :

Luzandré van Zyl het haarself nog altyd in ‘n mediese beroep gesien. “My ma het eendag in gr. 10 voorgestel dat ek ‘n tandarts gaan ‘shadow’ en ek het dadelik my hart op die beroep verloor.”

Luzandré werk tans by MUCPP, ‘n staatskliniek in Rocklands.

Om te kwalifiseer as ‘n tandarts, studeer jy vir vyf jaar. Dit sluit jou honneurs in, daarna kan jy spesialiseer as jy sou wou. Sy sê sy het by UWC in die mooie Kaap geswot.

“Ek het in 2021 gekwalifiseer en is nou besig met my gemeenskapsdiens jaar.”

Luzandré sê die lekkerste ding van tandarts-wees is die verligting wat ‘n pasiënt het na jou werk gedoen is, of dit nou pynverligting of iets ‘aesthetic‘ is.

“Die moeilikste gedeelte van my werk is om tande by klein kinders te trek. Hulle gehuil maak my ook skoon emosioneel.”

Haar raad aan jong kinders wat tandheelkunde wil gaan studeer na skool: “Werk hard op skool en sodra jy begin swot, werk hard, maar speel ook lekker – balans is die beste manier om deur die moeilike vyf jaar te kom en hou jou kop hoog. Mense voor jou het dit ook gedoen so jy kan ook.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief