Mev. Heelal SA-kroon vir Bloemfontein-prokureur

Lees ook :

Uyleta Nel-Marais gekies as Mev. Heelal SA
Uyleta Nel-Marais gekies as Mev. Heelal SA

Uyleta Nel-Marais is op 17 Februarie in Pretoria as Mev. Heelal Suid-Afrika gekroon.

Die 31-jarige prokureur sê sy is bitter trots op haar prestasie. “Ek het regtig hard gewerk hiervoor. Ek het dit glad nie verwag nie. Ek het net my beste gedoen en gehoop vir die beste.”

Vir Uyleta was hierdie haar heel eerste skoonheidskompetisie en dit het haar lewe verander. Sy het ook ses wonderlike vriendinne in die ander deelnemers bygekry. “Hulle is so spesiaal. Ons is regtig ‘n ‘sisterhood’ en ondersteun mekaar deur alles.”

Sy sê as sy die Mev. Heelal-kompetisie, wat in Suid-Korea gehou word, wen, sal sy haar inisiatief One Nation: Our Women and Children (against GBV) wêreldwyd wil uitbrei. “Geslagsgeweld is ‘n pandemie wat nasionaal en internasionaal beveg moet word.”

Oor vyf jaar sal sy graag wil sien dat haar inisiatief al sy doelmerke bereik het en ‘n verskil gemaak het in slagoffers se lewens. Sy wil ook graag haar eie handelsmerk hê en ‘n kindjie of twee sal ‘n seëning wees.

Uyleta se rolmodel is prinses Diana en sy sou graag saam met haar wou uiteet. “Sy het ‘n absolute hart vir die mense gehad en wou net goed doen. Sy het grense gebreek en sterk gestaan vir waarin sy glo.”

Haar plan van aksie om haar persoonlike lewe te balanseer met die verantwoordelikhede wat die titel sal bring, is om goed te beplan. “Ek is baie georganiseerd en hou van beplanning. My werk (Lovius Block Prokureurs) het ook begrip vir my situasie en help uit waar nodig. Dus fokus ek op goeie beplanning en prioritisering.”

Uyleta het ook ‘n fantastiese ondersteuningstelsel. “Ek is een van die gelukkiges en ek is so dankbaar! My man, Stephan Marais, my ouers Reginald en Lucille Nel, my broer en susters, Raven, Nadine en Amia. Hulle is almal so wonderlik en so bly saam met my. My werk ondersteun my ook baie.”

Of sy ‘n rolmodel is of nie, sy sê: ”Ek glo ek is en probeer my bes om een te wees.” Haar raad aan ander vrouens wat ook groot drome het, is om aan te hou aan hulleself te werk en te groei. “Verbaas jouself daagliks en wees trots op wat jy elke dag bereik. Jy is meer as goed genoeg en kan enigiets bereik.”

Die belangrikste ding wat sy geleer het, is om nie so te stres oor alles nie. “Haal asem en weet God is in beheer.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief