Goeie nuus vir Gauteng: Premier skrap finaal e-tol

Lees ook :

Fotokrediet Zululand Pix

Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het gister op ‘n media-inligtingsessie gesê dat die e-tol-stelsel in Gauteng amptelik geskrap sal word, maar verskeie punte moet eers uitgeklaar word.

Hy het te kenne gegee hy sal inwoners konsulteer oor ‘n nuwe manier vir inkomste.

Hy sê verskeie punte moet nog uitgeklaar word, wat insluit dat Gauteng se regering 30% van die e-tol se uitstaande skuld sal betaal, ‘n manier gevind moet word om paaie in die toekoms in stand te hou en besluit moet word wat gebeur met persone wat wel hul e-tol betaal het.

Die e-tol-stelsel sal dan geskrap word so gou soos wat ‘n ooreenkoms met die nasionale tesourie voor 31 Desember bereik kan word. Dit volg na die aankondiging wat Enoch Godongwana, minister van finansies, verlede week gemaak het.

Die e-tol-stelsel was van toepassing op 201 km van Gauteng se paaie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief