Karlien van Jaarsveld, wat die land vol reis met haar sangloopbaan, het ‘n oulike video op haar Facebook-blad gedeel van sy wat besig is om te pak en haar jongste seuntjie, Johannes Samuel, vra dat sy haar tas moet uitpak.
In die video vra hy dat sy haar klere moet uitpak “want sy mag nie ry nie.”
Van Jaarsveld, wat op pad was na Innibos Laeveld-kunstefees, sê dit is “elke keer se storie as ek iewers heen moet gaan vir ‘n show, ek mag nie my tas pak nie.”
Kyk hier na die video:





