Lees ook: Landdros afgedank wat glo soos vrou aantrek om meisie se eksamen te skryf
‘n Ma wat haar seun van sy pa weerhou, na sy en die pa se meisie glo op Facebook gestry het, kan 45 dae tronkstraf kry as sy nie vir die pa sê waar sy seun is nie.
Die pa het hom na die Limpopo-hooggeregshof gewend na hy sy seun die laaste keer aan die einde van April gesien het voor sy vervreemde vrou hom weggeneem het. Die vrou en die man is besig om te skei en het gesamentlike toesig oor die seun. Sy en die man se nuwe meisie het glo op Facebook ‘n argument gehad wat daartoe gelei het dat sy die seun wegneem.
Die pa het gevra die ma moet in hegtenis geneem word en ‘n boete van R75 000 kry, asook R1 000 vir elke dag wat sy hom toegang tot hulle seun weier. Die hof het beslis dat sy in hegtenis geneem gaan word as sy nie dadelik die seun terugbring nie.
Die vrou het gesê die seun raak ontsteld wanneer hy by sy pa kuier. Sy sê voorts sy het Brits toe getrek vir werk en het vir die man gesê wat haar nuwe adres is.
Bronne: IOL, Pressreader, Facebook
Lees ook: Landdros afgedank wat glo soos vrou aantrek om meisie se eksamen te skryf





