KWAZULU-NATAL. – Vissermanne van die boot Azonto het vanoggend op St. Lucia Estuary-strand tydens lansering omgeslaan.
Free Spirit II se vissermanne kon die mans wat aan die boot se neus vasgehou het van die seewater red.
Die beskadigde boot is daarna deur Wiseman van St. Lucia-strandbeheer met ‘n Landini-trekker uitgesleep, terwyl die NSRI opgedaag het.
Video geneem deur Petrus Viviers van Extreme Boating.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





