Man sterf, vrou ernstig beseer toe voertuig rol

Lees ook :

Foto: Garrith Jamieson ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man het gesterf en sy vrou is ernstig beseer toe hul voertuig gistermiddag omstreeks 16:00 op die N3 in ‘n suidelike rigting voor New England-weg in Pietermaritzburg gerol het.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die bestuurder van die voertuig het glo beheer verloor, waarna dit verskeie kere gerol het en het op die middelman tot ruste gekom het. Beide insittendes het tydens die rol uit die voertuig geval.

Die bestuurder het verskeie beserings opgedoen. Paramedici kon niks vir hom doen nie en hy is dood verklaar.

Die oorledene se vrou, wat ernstig beseer is, is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer voordat sy vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas is.

Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, word deur die polisie ondersoek.

Bron: ALS Paramedics

Man sterf, vrou ernstig toe voertuig rol

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief