VRYSTAAT. – Mario Guisti (36) is deur die Hooggeregshof tot 8 400 jaar tronkstraf gevonnis vir seksuele misdade wat misdade teen kinders en kinderpornografie insluit. Guisti is skuldig bevind op 1 010 aanklagte – die verkragting van twee seuns, een aanklag van mensehandel en 1 007 aanklagte vir die besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.
Kapt. Loraine Earle sê die veroordeelde misdadiger is deur Interpol opgemerk oor seksuele aanrandingsmateriaal van kinders wat hy op die donkerweb gelaai het.
Kapt. Bez Bezuidenhout van SECI (Provincial Serial and Electronics Crime Investigation Unit) wat ‘n gespesialiseerde seksie binne die GKS-eenheid is, het as deel van ‘n ondersoekspan onverpoosd saam met kapt. Fanie van der Merwe van GKS en AO Pieter de Wahl van PKRS gewerk om die inligting wat van Interpol af ontvang is, te analiseer.
Earle sê die span het foto’s van Interpol ontvang, waarna ‘n gesoute speurdersoog ‘n vingerafdruk wat op een van die foto’s sigbaar was, gesien het. Daarna is die beskuldigde geïdentifiseer.
Hy is gesoek en gedurende Augustus 2022 in Welkom in hegtenis geneem. As rekenaarprogrammeerder het hy die seuns, van sy keuse, tussen die ouderdom van agt en 10 jaar, met rekenaarspeletjies gelok. Die seuns, sommige van Durban, was toegelaat om by sy huis te oornag terwyl ouers hom vertrou het in die veronderstelling dat daar rekenaarspeletjies gespeel word. Van die seuns het vir maande by hom gebly.
Guisti se naam is in die register vir nasionale seksuele misdade aangeteken en hy is onbevoeg verklaar om met kinders te werk.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





