Dokters en pasiënte in Gaza-hospitaal vasgekeer

Lees ook :

Dokters en pasiënte vasgekeer in Gaza-hospitaal
Dokters en pasiënte vasgekeer in Gaza-hospitaal fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel-Hamas-oorlog- drie babas sterf in Al-Shifa-hospitaal

GAZA. – Pasiënte en dokters is al vir dae vasgekeer in die Al-Shifa-hospitaal na gevegte tussen die Israelse weermag en Hamas.

Munir al-Boursh van die Palestynse gesondheidsministerie het gesê nege volwassenes en ses kinders is al in die hospitaal dood weens die swak toestande. Die Israelse weermag het Vrydag die hospitaal omsingel omdat geglo word Hamas-vegters kruip in die hospitaal en in ondergrondse tonnels by die hospitaal weg.

Die WGO het gesê sowat 3 000 mense is in die hospitaal vasgekeer sonder genoeg kos, water en brandstof. ’n Dokter by die hospitaal het gesê daar is sowat 110 liggame van dooies wat voor die hospitaal lê, wat siektes kan veroorsaak.

Daar is kommer dat nog pasiënte gaan sterf met die kragtoevoer aan die hospitaal wat deur die gevegte onderbreek word.

Bronne: The Guardian, EWN, Business Standard

Lees ook: Israel-Hamas-oorlog- drie babas sterf in Al-Shifa-hospitaal

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief