Michael Bublé in 2024 op pad na Suid-Afrika

Lees ook :

Michael Bublé kom in April 2024 na Suid-Afrika Foto: Ticketmaster

SUID-AFRIKA. – Die immergewilde sanger, Michael Bublé, is op pad na Suid-Afrika. Die besoek vorm deel van sy Higher Tour 2024 .

Bublé sal op 16 en 17 April by die Grand-arena, Grandwest, in Kaapstad te sien wees. Op 19 en 20 April sal hy in die Sunbet-arena, Time Square in Pretoria optree.

Discovery Bank se kliënte sal vir 48 uur toegang tot voorverkopekaartjies kry. Die voorverkope sal op Dinsdag om 9:00 op Ticketmaster open. Die voorverkopekaartjies sal slegs met ’n Discovery-bankkaart of Discovery-kaart gekoop kan word.

Kaartjieverkope vir die res van die publiek sal op Donderdag om 9:00 ook op die Ticketmaster-webtuiste open.

Geen kinders onder die ouderdom van drie sal by die vertonings toegelaat word nie. Alle minderjarige konsertgangers moet oorbeskerming hê en deur ’n verantwoordelike volwassene vergesel word.

Bronne: Ticketmaster, Big Concerts, Discovery

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief