Oorlewingsgids vir die feestyd saam met jou familie

Lees ook :

Oorleef die feestyd met slim wenke. Foto ter illustrasie: Canva

Vir meeste kinders is die feestyd een groot partytjie. ’n Kuiertyd saam met niggies en nefies, swem en geskenke.

Volwassenes kry egter met die ander kant van dié mooi prentjie te make. Daar is ekstra kos wat gekoop moet word, die een skoonsuster wat nooit met die skottelgoed of kosmaak help nie en die onlangse rusies wat die feestyd stresvol maak.

Kenners gee raad om die feestyd saam met jou familie seepglad te laat verloop.

  1. Vind dinge wat jy met jou naastes in gemeen het.
  2. Vra uit oor jou familie se jaar.
  3. Wees bewus dat jou kinders sien hoe jy teenoor jou familie optree: goed en sleg.
  4. Behou altyd ’n sin vir humor. Dit sal die moeilike situasies help ontlont.
  5. Kies jou konfrontasies. Moenie oor kleinighede baklei nie.
  6. Waak daarteen om te veel alkohol in te neem. Dit maak die gemoedere onnodig vinnig gaande.
  7. Stel duidelike grense en sit jou planne daagliks uiteen. Besluit hoe lank jy gaan kuier en wanneer jy gaan ry.
  8. Berei jouself sielkundig voor voordat jy die familie gaan sien. Ontwikkel meganismes om moeilike situasies te hanteer.
  9. Moenie ’n perfekte feestyd verwag nie. Wees realisties.
  10. Jy mag nee sê.

Probeer hierdie feestyd op die rede agter die feesvieringe fokus in plaas van op jouself.

Bronne: The parent cure, Peach councelling, Rwapsych

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief