WGO waarsku oor e-sigarette

Lees ook :

WGO waarsku teen e-sigarette. Foto ter illustrasie: Canva

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het ’n verklaring uitgereik waarin hulle dringende aksie rakende die beheer van e-sigarette vra. Beter beheer is nodig om kinders en nie-rokers te beskerm en om ook gesondheidskade aan die bevolking te minimaliseer.

Volgens hulle help e-sigarette nie rokers om tabakgebruik te verminder nie. Skrikwekkende bewyse oor gesondheidsrisiko’s het vorendag gekom.

E-sigarette, ook bekend as vapes, word deesdae in die ope mark toegelaat en word intensief teenoor jongmense bemark. Net 34 lande verbied die verkoop daarvan terwyl 88 lande geen ouderdomsbeperking vir die verkoop van e-sigarette het nie.

Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, die WGO se direkteur-generaal, sê dat kinders van ’n jong ouderdom aan nikotien verslaaf raak. Hy het lande aangemoedig om streng maatreëls in te stel om hulle inwoners te beskerm.

Studies het bevind dat nikotien hoogs verslawend is en toksiese stowwe vervaardig wat kanker kan veroorsaak en die risiko vir hart-en longsiektes verhoog. Dit kan breinontwikkeling geaffekteer en leerprobleme veroorsaak. Omstanders word ook negatief deur sekondêre rook beïnvloed.

Verskeie beïnvloeders op sosiale media moedig die gebruik van e-sigarette by tieners aan. Gevolglik is kinders tussen die ouderdom van 13 en 15 wêreldwyd die grootste groep gebruikers van e-sigarette.

Bronne: WHO, IOL, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief