Bejaarde sterf in nóg ‘n plaasaanval

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – ‘n Bejaarde man (72) is dood nadat hy en sy vrou gisteraand omstreeks 21:00 op die plaas Ronderug naby die Orionskraalpad buite Vanrhynsdorp aangeval is.

Lt.kol. Malcolm Pojie sê na bewering het vyf mans met balaklawas die plaashuis deur die agterdeur binnegegaan.

Die verdagtes het glo die egpaar vasgebind, die vrou in die badkamer toegesluit en is met die man na buite.

Die bejaarde man se liggaam is vanoggend vroeg deur sy vrou met ‘n steekwond aan sy nek gevind. Dit is nadat sy daarin kon slaag om die tou waarnee sy vasgebind was, los te sny.

Forensiese deskundiges het die toneel vir leidrade gefynkam.

Enigiemand wat die speurders met die moordondersoek kan help, word versoek om na vore te kom en die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te bel.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief